Landbou Weekblad Artikel - Wenner woeker met grondorganismes

Bo die grondoppervlak produseer hy tafeldruiwe, sitrus en kontantgewasse, maar Agri Limpopo se Toyota Jongboer van die Jaar, mnr. Christoff Smit, boer eintlik onder die grond.

Deur om te sien na die mikro-organismes verbeter hy jaar na jaar sy opbrengste terwyl sy produksiekoste daal.